1. ‘n Minimum vereiste van 4 jagters per groep.
  2. ‘n Minimum vereiste van 3 nagte se verblyf.
  3. ‘n Maksimum vereiste van 8 persone per groep.
  4. ‘n Nie-terugbetaalbare deposito is betaalbaar voor die jag bespreek kan word.
  5. Die deposito bestaan uit die totale verblyf koste.
  6. ‘n Voorlopige bespreking word vir 7 werksdae gereserveer, vir die jagter om die betaling te maak, waarna dit gekanselleer sal word indien die volle deposito nie betaal is nie.
  7. Alle uitstaande bedrae is betaalbaar op die laaste dag van die jag, voor vertrekking vanaf die plaas.
  8. Internet is beskikbaar vir elektroniese oorbetalings.
  9. Kaart fasiliteite is beskikbaar.
  10. Met aankoms by Rooi Ivoor, is elke persoon verplig om ‘n vrywaringsvorm te onderteken.
  11. Met vertrek vanaf Rooi Ivoor, word elke jagter voorsien van die nodige permitte om die karkasse te vervoer.
  12. Aankoms tye: 07h00 tot 18h00.
  13. Vertrek tye: 07h00 tot 12h00.
  14. Manlike diere word vanaf 1 April tot 31 Augustus gejag.
  15. Vroulike diere word vanaf 1 April tot 31 Augustus gejag.
  16. Geen troeteldiere word toegelaat nie.
  17. Wapen veiligheid is die jagter se verantwoordelikheid en in alle opsigte toepaslik.
  18. Alle vuurwapens moet ontlaai wees op die voertuie en by die kampe.
  19. Geen jagte na sononder word toegelaat nie.
  20. Geen jagte word op Sondae toegelaat nie.
  21. Jag vuurwapen kalibers van .270 en groter word toegelaat.
  22. Geen boogjagte word toegelaat nie, slegs vuurwapens.
  23. Die gebruik van eie voertuie of vierwiel motorfietse word nie toegelaat nie.
  24. Geen jag sonder ‘n gids word toegelaat nie.
  25. Die gidse word nie verantwoordelik gehou indien die verkeerde dier, -grootte, of -geslag geskiet word nie.
  26. Diere wat gekwes word, is volprys.
  27. Skade aan die kamp sal vir die jagter se rekening wees.
  28. Geen persone word toegelaat om in die chalets te rook nie.
  29. Items op die inventaris lys wat gebreek- of vermis is, sal vir die jagter se rekening wees.
  30. Geen persoon onder die invloed van drank sal toegelaat word om te jag nie.
  31. Jagters word aanbeveel om hul vuurwapens by ons beskikbare skietbaan in te skiet, voor die jag plaasvind.
  32. Geen karkasse word by Rooi Ivoor bewerk nie.