• ‘n Minimum vereiste van 4 jagters per groep.
  • ‘n Minimum vereiste van 3 nagte se verblyf.
  • ‘n Maksimum vereiste van 8 persone per groep.
  • ‘n Nie-terugbetaalbare deposito is betaalbaar voor die jag bespreek kan word.
  • Die deposito bestaan uit die totale verblyf koste.
  • ‘n Voorlopige bespreking word vir 7 werksdae gereserveer, vir die jagter om die betaling te maak, waarna dit gekanselleer sal word indien die volle deposito nie betaal is nie.
  • Alle uitstaande bedrae is betaalbaar op die laaste dag van die jag, voor vertrekking vanaf die plaas.
  • Internet is beskikbaar vir elektroniese oorbetalings.
  • Kaart fasiliteite is beskikbaar.

Voorwaardes en verdere inligting vir die jag word met navraag en bespreking aangestuur. 

Die besprekings vir jagte is nou oop.