Rooi Ivoor se twee jagkampe is netjies en gerieflik ingerig vir jagters en gaste, met ten volle gemeubileerde grasdak chalets, lapa’s, braai areas en ten volle toegeruste kombuise.

Die chalets is selfsorgeenhede, met lugversorging en het ook elk hul eie en-suite badkamers.

Die jagkampe beskik ook oor klein afkoel swembaddens vir die warm somer maande. Verder is daar ook by beide kampe ‘n koelkamer, slaggeriewe en ‘n kragopwekker.

Die besprekings vir jagte is nou oop.

Freddy Jagkamp

  • Akkommodeer ‘n totaal van 8 persone.
  • Die kamp bestaan uit 4 chalets met en-suite badkamers, vir 2 persone om te deel.

 

Bonteberg Jagkamp

  • Akkommodeer ‘n totaal van 8 persone.
  • Die kamp bestaan uit 2 chalets met en-suite badkamers, vir 4 persone om te deel.